SKOOLREËLS & KLEREDRAG

LAERSKOOL STEPHANUS ROOS

SKOOLREËLS

ALGEMENE REËLS

  • Dit is u as ouer se taak om toe te sien dat u kind se voorkoms en drag korrek is as hy/sy die huis verlaat.
  • Skooldrag moet ten alle tye skoon en netjies wees en slegs die voorgeskrewe skooldrag mag gedra word.
  • Skooldrag moet ook asseblief duidelik gemerk word.
  • Geen ander hemde mag onder skoolrok of -hemp gedra word nie.

ALGEMENE REËLS VIR SEUNS & DOGTERS

  • Slegs stewige tasse of S.R. rugsakke met afskortings.
  • Daar mag nie op tasse geskryf of geteken word nie. Slegs leerders se naam, graad, adres en telefoonnommer mag daarop wees.
  • Penneblikkies/sakkies moet netjies wees.
  • Geen leerder word toegelaat om kougom op die skoolterrein óf in die klasse te kou nie.
  • Geen speelgoed mag skooltoe gebring word nie! Geen skaatsplanke nie.
  • Saal – geen toegang sonder toesig!

LAATKOM

  • Indien ‘n leerder laat by die skool aankom moet hy/sy asb eers aanmeld by die kantoor vir ‘n laatkom-strokie.
  • Indien ‘n ouer vooraf weet dat hy/sy ‘n leerder dokter toe moet neem of dat leerder vir enige ander rede eers later skooltoe kom, moet die register onderwyser ‘n dag of twee voor die tyd skriftelik in kennis gestel word daarvan. ‘n E-pos kan ook gerig word aan die kantoor.

KONTAKBESONDERHEDE
Maak asb seker dat u kontakbesonderhede en adres op datum is by die kantoor. Dit veroorsaak groot ontwrigting as ons nie die ouers in die hande kan kry nie (veral as die leerder siek word en afgehaal moet word).

SELFONE

  • Dit word op eie risiko skooltoe gebring.
  • Dit moet ten alle tye afgeskakel wees tydens skoolure.
  • Alle aangeskakelde selfone sal afgeneem en aan die graadvoog oorhandig word vir veilige bewaring.

SLIMHORLOSIES

    • Geen slimhorlosies tydens toetse of eksamens.

ORDE REËLINGS MET DIE UITTEKEN VAN LEERDERS

Ten einde meer beheer oor die uitteken van leerders toe te pas, is ons genoodsaak om die volgende reëlings te implimenteer:

  • Register onderwysers moet ‘n dag voor afsprake (dokter, tandarts, ens.) skriftelik in kennis gestel word.
  • Wanneer ouers items vir leerders by die kantoor inhandig, sal die leerders eers voor een van die pouses uitgeroep word om die items gedurende pouse by die kantoor af te haal.
  • Daar sal nie ouers geskakel word vir leerders wat goed by die huis vergeet het nie. Hulle moet verseker dat hulle elke dag als het wat hulle benodig.
  • Op Vrydae ondervind ons ‘n geweldige probleem met ouers wat in groot getalle kinders kom uitteken. Daar sal van nou af geen leerders vroeër op Vrydae uitgeteken word nie tensy ‘n baie duidelike rede verskaf word.
  • Indien ‘n ouer vooraf weet dat hy/sy ‘n leerder vroeër gaan kom afhaal, moet daar vir die leerder ‘n brief ‘n dag voor die tyd gegee word waarop die rede verstrek word, en moet die leerder self kantoor toe kom op die tyd en dag soos u met hom of haar gereël het.
    Byvoorbeeld:
    Jannie het om 09:00 ‘n afspraak by Dokter J.J. van Niekerk in Montana. Ons vra dat Jannie asseblief om 08:30 uit die klas verskoon word en kantoor toe gaan waar hy afgehaal sal word. Jannie sal nie terugkeer skool toe nie of Jannie sal om 10:00 weer teruggebring word skool toe. U moet in ag neem dat daar ‘n periode register gehou word, m.a.w. sodra die leerder vir ‘n periode nie in ‘n klas is nie, word hy/sy vir daardie periode afwesig gemerk.
  • Alle leerders moet in die kantoor uitgeteken word en ‘n strokie moet by sekuriteit ingehandig word.
  • Leerder mag nie vir ouers by die hekke wag nie.
  • Geen leerder mag onder enige omstandighede self sy ouers skakel om hom/haar te kom haal nie.
  • Geen Hoërskoolleerders kan ‘n kind kom afhaal nie. Indien ‘n ander volwassene as uself u kind kom afhaal, moet u ook die skool in ‘n skrywe daarvan verwittig.

SEKURITEIT & PARKERING

  • Geen Ouers word tydens skoolure op die skoolterein toegelaat nie.
  • Meld asseblief eers by die kantoor aan.
  • Geen Ouer mag binne die skoolgronde parkeer nie.
  • Geen Leerder mag die skoolgronde verlaat sonder om in die kantoor uit te teken nie 

DOGTERS VOORKOMSREËLS

SOMERSDRAG 

  • Voorgeskrewe geruite turkooisrokke.
  • Indien nodig, voorgeskrewe turkoois baadjie of ‘n swart skooltrui oor die rok.
  • Dogters mag kort swart ski-pants onder hul rokke dra, maar dit mag nie by die rok uitsteek nie.  Geen gekleurde kort broekies of “boxers” mag onder die skoolrokke gedra word nie.
  • Swart sokkies met skoolkleure strepies.
  • Swart skoolskoene met ‘n bandjie oor die voet of toeryg skoene.  Veters moet behoorlik vasgemaak word!
  • Geen swart sweetpakbroeke gedurende die somerseisoen nie.

(ALLE KLEREDRAG IS BY DIE SKOOLKLEREWINKEL BESKIKBAAR)

ALGEMENE REËLS VIR DOGTERS
Higiëne: Algemene en persoonlike higiëne moet ten alle tye onberispelik wees.

HARE

  • Moet altyd skoon en netjies wees.
  • Hare mag nie gekleur of in kleursjampoe gewas word nie.
  • Hare moet altyd vasgemaak word sodra dit aan die kraag raak.
  • Die kuif mag nie aan die wenkbroue raak nie en moet altyd uit die gesig vasgesteek wees. Geen “slierte” word toegelaat nie.
  • Bollas en poniesterte moet stewig vasgemaak word en geen hare mag loshang nie.
  • Geen buitensporige of modieuse haarstyle mag gedra word nie.
  • Slegs swart/wit of turkoois linte of liefielinte, bolletjies, kammetjies, alice bands en knippies mag gedra word.
  • Geen gel of haarsproei mag in hare gesmeer of gedra word nie. Geen “wetlook” nie!

LET WEL

  • Die rok moet, as leerling kniel, 10 cm van grond af wees.
  • Dogters in die laer grade mag in die somer kaalvoet skool toe kom. Die Graad 7-dogters dra skoene.
  • NB: Tekkies word slegs toegelaat op die dae wat die leerders LO het.

DOGTERS – VOORKOMSREËLS WINTERSDRAG

  • Grys langbroek met ‘n wit kraaghemp en ‘n netjiese swart skooltrui / voorgeskrewe turkoois baadjie.
  • Slegs swart serpe word toegelaat.
  • Provinsiale sweetpakke mag Vrydae gedra word.

JUWELE

  • Geen juwele, ringe, armbande of kettinkies mag gedra word nie. Slegs ‘n standaard seëlring.
  • Slegs gewone goue of silwer knoppies of klein oorringetjies mag gedra word. Slegs een oorbel per oor in die gaatjie van die oorlel is toelaatbaar. (Geen ander oorbelle sal geduld word nie.)
  • Slegs ‘n polshorlosie (standaard polshorlosie – nie modieuse/gekleurde horlosies nie) of mediese kettinkie (Medic Alert) mag om die pols gedra word.
  • Geen selfoonhorlosies tydens skoolure.
  • Juwele en bandjies vir godsdienstige of ander oortuigings is ontoelaatbaar.

NAELS

  • Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie.
    Geen naellak word toegelaat nie, ook nie die kleurlose soort nie.

GRIMERING

  • Geen “lip gloss”, gekleurde lipice, oogomlyner, maskara, onderlaag of enige ander grimering word toegelaat nie.

SEUNS VOORKOMSREËLS

SOMERSDRAG

  • ‘n Grys kortbroek – met swart gordel en ‘n grys kortmouhemp. Geen modieuse gordels mag gedra word nie.
  • Geen juwele, ringe, armbande of kettinkies mag gedra word nie.
  • Slegs voorgeskrewe turkoois baadjie / netjiese swart trui.
  • Lang voorgeskrewe skoolkouse met standaard swart skoolskoene (veters behoorlik vasgeryg).
  • Modieuse skoene, stewels word nie toegelaat nie.
  • Seuns mag kaalvoet skool toe kom.
  • Hemde moet in die broek ingesteek word.
  • Geen slaapbroeke (“boxers”) onder skoolklere nie.
  • Geen sweetpakbroeke met grys hemde nie.

(ALLE KLEREDRAG IS BY DIE SKOOLKLEREWINKEL BESKIKBAAR)

ALGEMENE REËLS VIR SEUNS

  • Higiëne: Algemene en persoonlike higiëne moet ten alle tye onberispelik wees.

HARE

  • Moet altyd skoon en direk om die ore skoon geknip wees. Wanneer die hare regaf gekam word, mag dit nie aan die ore raak nie.
  • Die nek moet skoon geknip wees vir minstens 3 cm bokant die kraag.
  • Indien ‘n kuif gedra word, moet die wenkbroue sigbaar wees, as die hare vorentoe gekam word.
  • Hare mag nie gekleur of met kleursjampoe gewas word nie.
  • Geen vreemde haarstyle word toegelaat nie, “Mow Hawk”, “Comb over” en geen permanente paadtjie mag in geskeer word nie.
  • Geen gel mag in hare gesmeer word nie, geen “wetlook” nie!

SEUNS – VOORKOMSREËLS
WINTERSDRAG

  • ‘n Grys langbroek met ‘n grys oopknoophemp en ‘n swart skooltrui of turkoois baadjie.
  • Provinsiale sweetpakke mag Vrydae gedra word.
    Tekkies mag slegs gedra word op die dae wat die leerders LO het

GEWONE KLERE

Gewone klere mag gedra word wanneer die leerder verjaar. Indien die leerder oor ‘n naweek verjaar mag hy/sy dit die Vrydag voor sy verjaarsdag dra.

LO DRAG – SEUNS & DOGTERS

SOMERSDRAG

  • ‘n Swart kortbroek (geen strepe) met die Stephanus Roos sporthempie. 
  • Geen skoolskoene.
  • Toestemming kan verleen word om (Tekkies) drafskoene te dra.  Verkieslik “normale” swart of wit tekkies.  Geen neon kleurige skoene of sokkies nie.  Ook geen “sneakers” of “pumps” nie.  (Dit pas nie by ons skooldrag nie).

WINTERSDRAG

  • Die Stephanus Roos sweetpakbroek en Stephanus Roos sporthempie.
  • Swart of wit tekkies met swart of wit veters. Geen ander kleure tekkies word toegelaat nie!
  • Slegs voorgeskrewe skoolkouse . Geen ander skoene behalwe sportskoene sal aanvaar word nie. Geen “sneakers”, sandale, inglipskoene of balletskoene mag gedra word nie.

SPORTDRAG

SEUNS & DOGTERS

  • Slegs goedgekeurde drag, soos deur die afrigters gereël, mag gedra word.
  • S.R. sporthempie mag op LO dae en tydens sportbyeenkomste gedra word.
  • Noord-Gauteng en SA sweetpakke mag slegs Vrydae gedra word.

KLEREDRAG

Klerewinkel beskikbaar op die skoolperseel.

HOOF SE KANTOOR

Me C Erasmus
lsroos@lssroos.co.za

ONTVANGS

Inskrywings

BEMARKING

Me T Schoeman bemarker@lssroos.co.za

SPORT

Mnr R Schoeman sport@lssroos.co.za

ROSE LOGO