ONS SKOOL

LAERSKOOL STEPHANUS ROOS

LAERSKOOL STEPHANUS ROOS

GESKIEDENIS

Laerskool Stephanus Roos kry sy naam op 27 Augustus 1971.
Die skool word vernoem na veldkornet Roos, wat in die Slag van Amajuba tydens die Eerste Vryheidsoorlog die voortou geneem het en 40 boerekrygers die berg opgelei het teen genl. Colley en sy magte. Colley het tydens die veldslag gesneuwel. Mnr PW Botha was die skrywer van die skoollied wat deur die bekende Anna Rudolph gekomponeer is. Mev. Botha ontwerp die skoolwapen en skilder die portret van Stephanus Roos.
Op 4 Oktober 1984 word ‘n borsbeeld van Stephanus Roos deur die beeldhouer Phil Minnaar onthul. By die geleentheid was vyf van veldkornet Roos se kleinkinders en 20 ander familielede teenwoordig. Meneer Paul Jacobs was die eerste permanente hoof van Laerskool Stephanus Roos. Op vraag wat hy met die skool wil bereik, het hy geantwoord: “Die skool moes onderskei kon word van ander skole deur ‘n kultuursentrum te wees. Kultuurontwikkeling is inderdaad deel van die opvoedingstaak”.

Hoofde van Laerskool Stephanus Roos
Mnr. LA van Wyk: Tydelik
Mnr PJ Jacobs: 1970 – 1980
Dr GC Prinsloo: Jan 1981 – Des 1981
Dr CL Kirstein: 1982 – 1985
Mnr TC Pretorius: 1985 – 2012
Mnr CRO van Niekerk: 2013 – 2022

LAERSKOOL STEPHANUS ROOS

SKOOLLIED

Ons het Stephanus Roos se naam, aan hierdie skool verbind.
Die veldkornet van Trans-Magalies, die held van elke kind.
“Kom kêrels” klink sy wakker woord, want hy het aan die daad geglo.
En so het hy deur Godsgenade, Majubaberg bestyg tot bo.
Leer ons O, Heer die dapper stryd, vir eie volk en land.
Vir eie taal en deug te streef tot op Majubarand.
Gee ons die wil en moed en krag, met hart en siel te glo.
Gee ons die vreugde van oorwinning,
om uit te klim tot bo, om uit te klim TOT BO!!

ROSE LOGO

BESTUURSPAN

Mnr. C Myburgh_s

Mnr C Myburgh

Annemarie van Staden

A van Staden

Sonja Venter

S Venter

Suzette Maree

S Maree

Christien Horn

C Horn

Johan Steyn

J Steyn

Morne Engelbrecht

M Engelbrecht

Ronell van Niekerk

R Steyn

DEPARTEMENTS- EN VAKHOOFDE SPF

AFRIKAANS

Me. A. van Staden (DH) | Me. T Herbst (VH)

ENGELS

Me. A. van Staden (DH) | Me. A. Mostert (VH)

WISKUNDE

Me. S. Venter (DH) | Mnr. F. Naude (VH)

UITVOERENDE / VISUELE KUNSTE GRAAD 4-6

Me. A. van Staden (DH) | Me. M. Hendriks(VH)

SOSIALE WETENSKAPPE

Mnr. M. Engelbrecht (DH)

AARDRYKSKUNDE

Mnr. R. Schoeman (VH)

GESKIEDENIS

Me. G. Steyn (VH)

LEWENSOPVOEDING

Mnr. M. Engelbrecht (DH) (VH)

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE GR. 7

Me. S Venter (DH) | Me. Z Sieberhagen (VH)

NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE GR 7

Mnr. M Engelbrecht (DH) | Me. K. Beyers (VH)

MUSIEK / KUNS GR.7

Me. A. van Staden (DH) | Me. M. Hendriks(VH)

REKENAARS

Me. S. Venter (DH) | Mnr. E Voster (VH) | Me. M Taljaard (VH)

ONTVANGS

Inskrywings

BEMARKING

Me T Schoeman bemarker@lssroos.co.za

SPORT

Me T Schoeman sport@lssroos.co.za

HOOF SE KANTOOR

Me C Erasmus
lsroos@lssroos.co.za

ROSE LOGO