Skoolreëls

Voorkomsreëls
Skooldrag moet ten alle tye skoon en netjies wees en slegs die voorgeskrewe skooldrag mag gedra word. Skooldrag moet ook asseblief duidelik gemerk word. Geen ander hemde mag onder skoolrok of-hemp gedra word nie.

Somersdrag
  • Voorgeskrewe geruite wit-en turkooisrokke.
  • Indien nodig, skoolsweetpakbaadjie of `n swart skooltrui oor die rok. Die moue mag nie opgestoot of oor die hande getrek word nie.
  • Dogter mag kort swart ski-pants onder hul rokke dra, maar dit mag nie by rok uitsteek nie.
  • Swart sokkies of knielengte kouse met skoolkleure strepies.
  • Swart skoolskoene met `n bandjie oor die voet of toeryg skoene. Veters moet behoorlik vasgemaak word!
Let wel
  • Die rok moet, as leerling kniel, 10cm van die grond af wees.
  • Dogters in die laer grade mag in die somer kaalvoet skool toe kom. Die Graad 7 dogters moet skoene dra.
  • NB: Geen tekkies word toegelaat nie .
Wintersdrag
  • Die voorgeskrewe skoolrok met `n netjiese swart skooltrui of `n skoolsweetpakbaadjie.
  • `n Skoolsweetpak met `n wit langmou kraaghemp.
  • Slegs wit of swart serpe word toegelaat.
  • Nuwe Drimac
Algemene reëls vir dogters
Hare
  • Moet altyd skoon en netjies wees.
  • Hare mag nie gekleur of in kleursjampoe gewas word nie.
  • Hare moet vasgemaak word sodra dit aan die kraag raak.
  • Die kuif mag nie aan die wenkbroue raak nie.
  • Bollas en poniesterte moet stewig vasgemaak word en geen hare mag loshang nie.
  • Geen buitensporige of modieuse haarstyle mag gedra word nie.
  • Slegs eenvoudige, swart, wit of turkoois vasmaakmiddels soos linte , bolletjies, kammetjies, alice bands en knippies mag gedra word .
  • Geen gel mag in hare gesmeer word nie, geen ''wetlook ''nie.
Juwele
  • Geen juwele, ringe, armbande of kettinkies mag gedra word nie. Slegs `n standaard seëlring.
  • Slegs gewone goue of silwer knoppies of klein ringetjies mag in die ore gedra word. Slegs een oorbel per oor in die gaatjie van die oorlel is toelaatbaar.
  • Slegs `n polshorlosie (standaard polshorlosie-nie modieuse/gekleurde horlosie nie) of mediese kettinkie ("Medic Alert") mag om die pols gedra word.
Naels
  • Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie.
  • Geen naellak word toegelaat nie, ook nie die kleurlose soort nie.
Grimering
  • Geen ''lip gloss'', gekleurde lip-ice, oogomlyner, maskara, onderlaag of enige ander grimering word toegelaat nie.

Somersdrag
  • `n Grys kortbroek/langbroek met swart gordel en `n grys kortmouhemp. Geen gekleurde of modieuse gordels mag gedra word nie.
  • Slegs `n skoolsweetpakbaadjie mag gedra word. Netjiese swart skoolskoene (veters behoorlik vasgeryg). Geen wit kouse mag gedra word nie.
  • Modieuse skoene, stewels of tekkies word nie toegelaat nie.
  • Seuns mag kaalvoet skool toe kom.
  • Hemde moet in die broek ingesteek word.
  • Geen slaapbroeke ("boxers") onder skoolklere nie.
Wintersdrag
  • `n Skoolsweetpak met `n grys oopknoophemp.
  • `n Grys langbroek met `n swart skooltrui.
  • Nuwe Drimac
Algemene reëls vir seuns
Hare
  • Moet altyd skoon en direk om die ore skoon geknip wees. Wanneer die hare regaf gekam word, mag dit nie aan die ore raak nie. Die nek moet skoon geknip wees vir minstens 3cm bokant die kraag. Indien `n kuif gedra word, moet die wenkbroue sigbaar wees, as die hare vorentoe gekam word. Hare mag nie gekleur of in kleursjampoe gewas word nie.
  • Geen vreemde haarstyle word toegelaat nie.
KDA Drag Seuns en Dogters
Somersdrag: 'n Swart kortbroek (geen strepe) met die Stephanus Roos gholfhempie, Geen Skoene.
Windersdrag: Die sTephanus Roos sweetpak en Stephanus Roos gholfhempie. Swart of Wit Tekkies met swart of wit veters. Skoolkouse.
Sportdrag vir dogters en seuns
  • Slegs goedgekeurde drag, soos deur die afrigters gereël, mag gedra word.
  • L.O. klere mag nie onder skoolklere gedra word nie.
Algemene skoolreŽls
  • Slegs stewige tasse met vakkies mag gedra word. Daar mag nie op tasse geskryf of geteken word nie. Slegs leerder se naam, graad, adres en telefoonnommer mag daarop wees. Penneblikkies/sakkies moet netjies wees. Geen ongeoorloofde plakkers of slagspreuke, wat nie by `n laerskoolkind pas, mag daarop wees nie. Geen leerder word toegelaat om kougom op die skoolterrein of in die klasse te kou nie. Geen gevaarlike speelgoed / items soos pyltjies, geweertjies, ens. mag skool toe gebring word nie. Kettinkies, oorbelle, ringe, gordels met groot gespes, ens. is totaal ontoelaatbaar. Slegs `n "Medic Alert" kettinkie of `n standaard polshorlosie mag gedra word. Geen gel mag in hare gesmeer word nie.
  • Indien van die reëls oortree word, sal daar van die ouers verwag word om onkoste aan te gaan om dit reg te stel.
Medikasie & Siek Leerders
U word daarop attent gemaak dat die skool deur die Wet verbied word om enige medikasie aan leerders te gee. Dit sal goed wees as u as ouer dalk twee hoofpynpille en twee naarpilletjies asook keelseer-medikasie in u kind se tas bêre vir 'n noodgeval. U is ook elkom om die klasonderwyser of die kantoor te laat weet van enige belangrike medikasie of inligting indien nodig rondom medikasie.
Verlof om skoolterrein te verlaat

Geen leerder mag die skoolterrein sonder skriftelike toestemming van die hoof / adjunkhoof verlaat nie. Ouers moet per brief of per telefoon, met volledige vermelding van rede, aansoek doen. Sodanige briewe moet dan gedurende registerperiode by die hoof ingedien word. Ouers wat leerders gedurende skoolure kom afhaal, moet leerder by die kantoor kom afhaal en die toestemmingsbrief by die kantoor kom afhaal.

Leerders mag nie vir ouers by die hekke wag nie.